Welcome to the ExpatMauritius.com book blog

Share your thoughts on our virtual book club with other avid readers. If you would like to suggest a book, please mail us on admin@expatmauritius.com.

Finding the books you need....Sometimes you may battle to source a particular book from local bookstores in Mauritius. You have no choice but to look to the internet for a solution. We have found that delivery when you buy books online can be more expensive than the books themselves. Never fear! We have found the solution! An online bookstore where delivery to Mauritius is FREE!! Don't believe us? Try yourself... The link to the bookstore is under useful links on this Book Blog.

Friday, April 10, 2009

Deon Meyer - 13 UUR

Go to: http://www.amazon.de/13-Uur/dp/0798150106 for more information.

3 comments:

  1. As jy nog nie 'n Deon Meyer gelees het nie, is dit nou die tyd om te begin. Aksie, spanning, herkenbare karakters - hierdie boek is, soos Meyer se vorige boeke, 'n absolute "page turner", jy kan nie ophou lees nie want die spanningsvlakke is so hoog jy moet net weet wat volgende gaan gebeur. So bietjie soos Dan Brown se Da Vinci Code - van Meyer se verhale kan jy nie genoeg kry nie.

    13 Uur is, soos die meeste van sy ander boeke, 'n polisieverhaal wat vertel hoe speurders te werk gaan om die helde / heldinne te red en die skurke vas te trek. Meer spesifiek handel 13 Uur oor een dag in die lewe van die protagonis, Inspekteur Bennie Griesel, wat vroegoggend begin met 'n moordsaak. Daar word vasgestel die slagoffer is 'n jong Amerikaanse toeris en haar vriendin word steeds deur haar moordenaars agtervolg. Intussen is daar ook 'n tweede moord, wat oënskynlik nie met die eerste een moord verband hou nie. Ryk subteks sorg dat daar bietjie meer vleis in die boek is as bloot 'n moordstorie. Maar gaan lees self die boek, dis regtig die moeite werd!

    Dis seker nie vir alle gehore bedoel nie. Straattaal word gepraat (soos dit maar gepraat word!) en die karakters is nie juis kuis nie. Maar hulle is "real" en jy kan met hulle meeleef op elke bladsy van die boek.

    As 'n Kapenaar in Mauritius bied die boek ook natuurlik lokaliteit wat jy kén, van Carlucci's in Bo-Oranjestraat, De Waalpark tot Seinheuwel en Langstraat. Jy weet presies waar die verhaal afspeel en die herinneringe maak dit sommer nog lekkerder om die boek te lees.

    Moet ook nie Deon Meyer se ander boeke misloop nie. My ander gunsteling was Proteus (2002), maar lees gerus ook Wie met vuur speel (1994), Feniks (1996), Orion (2000), Infanta (2004) en Onsigbaar (2007).

    ReplyDelete
  2. Dit klink die moeite na die moeite werd om te lees, baie dankie. Gaan reel dat dit maar ingevlieg word. Baie dankie, en sommer lekker om Afrikaans te hoor.

    ReplyDelete
  3. Aitsa, so lekker om die komentaar te lees

    ReplyDelete